Getrou aan die Waarheid, Vas in die Lig
Ons glo: as ons nie staan nie, val ons.

Ons glo
Ons is ’n konfessionele beweging binne die NHKA (Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika) wat onwrikbaar vashou aan die Bybel as die geïnspireerde Woord van God. Ons bely met oortuiging dat die Skrif genoegsaam is vir ons saligheid, en dat dit nie aangevul of verswak mag word deur moderne interpretasies of liberale strominge nie.

Die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes
In die afgelope dekades het ons ’n diepgaande teologiese skuif binne die kerk waargeneem: van Skrifgefundeerde waarheid na mensgesentreerde ideologieë; van eerbiedige erediens na vermaaklikheidsgeleenthede. Aspekte soos die maagdelike geboorte, die liggaamlike opstanding van Christus, en die gesag van die Bybel word toenemend bevraagteken of herskryf.
Die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes (GHG) het ten doel om samewerking tussen selfstandige gemeentes te ondersteun en te bevorder. Elke gemeente word erken as ’n outonome en volle gestalte van die een heilige algemene kerk, gegrond op die leer van die apostels. Die GHG gee ruimte vir gemeentes om hul roeping uit te leef, veral in sake wat die plaaslike gemeente nie altyd alleen kan hanteer nie — sonder om self ’n afsonderlike kerkstruktuur te word.
GHG Gemeentes
Gemeentes is nie daar om ’n swaar struktuur finansieel te dra nie.

Ons is Diensbaar
Ons gemeente is die plek is waar die kerk sigbaar is, werk en diensbaar word.

Ons Struktuur
Ons wil nie vasgevang word in ’n stram struktuur nie.

Steeds Hervormers
Vanweë die huidige geloofskrisis in die Kerk het ons, as gemeentes en lidmate van die NHKA, besluit om ons te verenig as ’n konfessionele groep, genaamd “steedsHervormers”. Daarmee verklaar ons:
Ons staan vas in die teologiese tradisie van die NHKA.
Ons bly Hervormers en sien onsself as die voortsetting van die ware NHKA.
Ons wil nie wegbreek van die Kerk nie.

As steedsHervormers wil ons getrou bly aan die tradisie en geskiedenis van die Hervormde Kerk
Ons bly getrou aan die Bybels-Reformatoriese teologie en bely die Skrif as God se gesagvolle Woord. Ons hervorm voortdurend volgens die eise van die Skrif, bely die belydenisskrifte onverkort (quia), en eer God deur ’n gewyde liturgie. As volkskerk eerbiedig ons verskille en verkondig die evangelie binne elke kultuur en konteks.
Lees nog:
-
Wat is sonde?
Die Dieper Werklikheid van die Mens se Verdorwe Natuur Wanneer ons as Christene oor sonde praat, is dit dikwels in die konteks van dade – verkeerde dinge wat […]
-
Erfsonde en die Mens se Verdorwenheid
“Waar kom hierdie verdorwe natuur van die mens vandaan?” Erfsonde en die Mens se Verdorwenheid – Wat sê ons werklik?Dis ’n vraag wat al deur eeue se gelowiges, […]

Kontak Ons
Vul u details in